Ons Webwerf word op hoogte gebring

Kontak Ons

Opwindende Veranderinge Oppad!

Ons werk tans aan 'n vars en verbeterde webwerf om die nuutste funksionaliteite, interessante artikels en beeldmateriaal aan ons kliënte en werfbesoekers aan te bied. Bly ingeskakel vir nuwe kenmerke en verbeteringe!


Terwyl ons webwerf opgedateer word, bied ons steeds ons top professionele dienste aan. Of jy nou kundige webontwerp, domeinregistrasies of kreatiewe fotografie en ontwerp benodig, ons is hier om te help. Hieronder is drie van ons top webwerfdienste gedurende hierdie tydperk.


Intussen nooi ons jou uit om met ons in kontak te bly. As jy enige vrae het of hulp benodig, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak om jou idees en behoeftes te bespreek nie. Jou ondersteuning en geduld word baie waardeer!


Kontak Ons

Hoogtepunte van ons Webwerfdienste
*Kontak ons vir enige addisionele/pasgemaakte dienste wat jy benodig.

Domeine & Webbediening

Van die registrasie van nuwe domeine tot die verskaffing van betroubare webbedieningsoplossings (hosting), ons verseker dat jou aanlynteenwoordigheid veilig en maklik toeganklik is.

Ons pasgemaakte dienste is ontwerp om klein tot mediumgrootte besighede te ondersteun, wat jou help om jou digitale aktiwiteite met gemak en doeltreffendheid te bestuur en in stand te hou.

Webwerfstrategie & Ontwerp

Verskerp jou aanlyn-teenwoordigheid met ons professionele webstrategie en ontwerpdienste. 

Of jy nou die beste opsies vir jou besigheid oordink of reeds oplossings soos Joomla, WordPress of Odoo gebruik, met of sonder eHandel-funksionaliteite, ons ervare span skep optimale oplossings wat jou gehoor boei en betrek.

Inhoudsbestuur

Doeltreffende inhoudsbestuur is die sleutel tot 'n suksesvolle webwerf, en ons ateljee blink uit in die organisering en optimalisering van ons kliënte se webwerfinhoud. 
Van die skryf van oortuigende artikels en boeiende tekste tot die bestuur van beeldmateriaal en metadata, ons hanteer alle aspekte van inhoudsbestuur om jou webwerf se sigbaarheid en gebruikerservaring te verbeter.

Domeinbestuur

R 95 .00

* vanaf /maand
  • Basiese CMS webwerfspasie vir KMO's
  • Domeinbestuur en syferanalise
  • Domeinregistrasie uitgesluit
  • Toevoeging tot Basiese Ontwerppakette

Odoo 17 Basies

R 4'500

* op ons webbedieners
  • eHandel-gereed webwerfontwerp vir KMO's
  • Odoo-spesifieke funktionaliteite
  • Beperkte ontwerpmoontlikhede
  • Maandelikse webwerfbediening uitgesluit

Inhoudsbestuur

R 225 .00

* vanaf /maand
  • Inhoud deur gekwalifiseerde persone
  • Optimalisering van beeldmateriaal
  • Uitgebreide ervaring in verskeie industrieë
  • Vinnige omdraaitye